Welkom by VAN NIEKERK BONSMARAS

Die Van Niekerk Bonsmaras Stoet word gestig deur Gert en Pieter van Niekerk in 2009. Ons boer in die Boshof omgewing, so halfpad tussen Boshof en Kimberley op pragtige Kameeldoring savannah en Vaalbos velde. Die wereld is gesond en sorg goed vir ons diere. VAN NIEKERK BONSMARAS vestig in Junie 2009 met die eerste inspeksie van ons bestaande Bonsmara kudde deur senior keurder Frikkie Kruger en junior keurder Ray Butler, sowat 60 vroulike diere word selekteer.

van niekerk bonsmaras joenaal ad

Pa Gert van Niekerk teel kommersieel met Bonsmara reeds sedert 1985. Gedurende die tydperk word konsentreer op diere wat vrugbaar en aangepas is vir ons omgewing. Vroulike diere van meduimraam en goeie moederskap eienskappe word gebruik omdat daar nie groenvoer en byvoeding is nie, dus moet hul gehard wees. Bulle moet manlike en gehard wees, daar is nie plek vir pieperige dikgevoerde diere nie.

Juis daarom is sedert 1985 konsentreer op bulle uit die omgewing vanaf tellers wat dieselfde waardes deel. Slegs geregistreerde bulle word sedert 1985 in kudde gebruik vanaf tellers soos – Bokkie vd Merwe, Reg Butler, Charles Williams, Bonsmara Genepoel, Kit Thompson, Frikkie Kruger, ens. ‘n Goeie basis van gesonde en geharde Bonsmaras is dus gevestig.

Pieter van Niekerk is ‘n sakeman in Kimberley en op ‘n deeltydse basis sedert 1990 by die boerdery betrokke. Sedert 2000 brei hy sy betrokkenheid uit en in 2009 besluit hy en pa Gert om die Bonsmara kudde na die volgende vlak, nl. ‘n stoetkudde te neem. Die nodige navorsing en opleiding volg om ons op die pad te plaas. Frikkie Kruger , Kit Thompson en Ray Butler se advies en insette help ons om aan die gang te kom en ons raak al hoe meer opgewonde oor die uitdagings en moontlikhede. Soos die tyd aanstap steek ons kers op by vele tellers en is bereid om te leer by kundiges. In 2010 sluit ons by die NoordKaap Bonsmara Groep aan en kry die geleentheid om by gevestigde tellers soos Ben Liebenberg, Neels Booyens, Terence I’ons, Colleen Jacobs en Hennie Retief te leer. Dit is ook goed om ‘n sirkel van kundigheid om jou te he.

Die uitbreiding van die kudde geniet aandag in 2009/2010 en SP vroulike diere word ingekoop van Frikkie Kruger, Kit Thompson, Vaalbos Bonsmaras, Leehan Bonsmaras, Elzebach Bonsmaras en Bonsmara Genepoel. Bulle word ingekoop van Frikkie Kruger, Kit Thompson, Frans van der Berg, Gert Nel, Gerrit vanZyl asook Arthur de Villiers

Die proses het begin, ons weet hierdie is nie ‘n kortafstand wedloop nie maar ‘n marathon. Ons weet ons het die regte ras en die regte mense en wil trots wees op die produk wat ons lewer.