Ons lede kom uit ‘n diverse omgewing en habitat wat verseker dat daar ‘n groot verskeidenheid aangepaste diere beskikbaar is.
Verder word verskeie teel lyne, sommige van die oudste en beproefde telers, tussen ons lede verteenwoordig en is daar dus hoogstaande diere beskikbaar vir elke smaak.
Welkom
Die Noord Kaap Bonsmara Groep AgtergrondDie Noordkaap Bonsmara Groep (NKBG) is onder leiding van Ben Liebenberg gestig in 2006. Die groep word beperk tot 6 lede wat as onafhanklike telers ‘n groter geheel nastreef.
Ons streef daarna om puik kwaliteit Bonsmaras UIT DIE NOORDKAAP, VIR DIE NOORDKAAP aan die mark te lewer.
Die individuele kundigheid en kennis van die lede moet ingespan en kombineer word om die Noordkaap Bonsmara Groep ‘n vername en saakmakende entiteit binne die Bonsmara omgewing te maak. Die identiteit en kapasiteit van die NKBG moet in die mark bekend wees vir sy kwaliteit, eerbaarheid en integriteit.
Kliek hier om ons nuutste katalogus af te laai
Kliek hier om ons nuutste broshure af te laai
NKBG onderskryf die Bonsmara Stelsel in sy geheel en streef daarna om die bestaande standaarde te oortref. Ons diere word in die harde en gesonde Noordkaap omgewing geteel en groot gemaak sonder om hulle op te piep. In ons lede se kuddes is van die bes moontlike Bonsmara Gene in die land opgeneem en daarom kan ons met trots praat van BESTE WAARDE GENETIKA.
Kliek hier om ons nuutste katalogus af te laaiKliek hier om ons nuutste broshure af te laai
Veilingsnuus
NKBG se volgende veilingsdatum vir 2019 is 13 September.
Duurste bul op Mei 2019 veilingR40 000 LEEHAN BONSMARAS en WAARMAKER BONSMARAS
Vroulik KommersieelKOEIE 3 IN 1 KOMMERSIEEL – R19 500 LEEHAN BONSMARAS
VERSE OOP KOMMERSIEEL – R14 500
DRAGTIGE VERS KOMMERSIEEL – R19 000 LEEHAN BONSMARAS
DRAGTIGE KOEI KOMMERSIEEL – R17 000 LEEHAN BONSMARAS
KOEI + KALF KOMMERSIEEL – R17 500 WAARMAKER BONSMARAS














